Jesus in Aksie (JiA) is baie dankbaar vir jou gewilligheid om ‘n verskil te maak in die lewens van behoeftige mense. Elke kosboks wat ons kan uitdeel, bring hoop en liefde aan iemand in nood.
Ons wil jou graag nooi om jou eie geestelike boodskap in een van ons miniatuur boksies te plaas. Dit sal ‘n spesiale geskenk wees vir die ontvanger en ‘n herinnering aan God se liefde. Daardeur voed ons nie net die liggaam nie maar ook die Gees.
Voltooi asseblief die meegaande aanlynvorm.
Jesus in Action (JiA) is deeply grateful for your willingness to make a difference in the lives of those in need. Every food box we distribute brings hope and love to someone in distress.
We would like to invite you to include your own spiritual message in one of our miniature boxes. It will be a special gift to the recipient and a reminder of God’s love. In this way, we nourish not only the body but also the spirit.
Please please complete the accompanying online form:
Jou deelname is vir ons kosbaar. Deur jou besonderhede met ons te deel, kan ons jou op hoogte hou van toekomstige projekte en hoe jou bydrae ‘n impak maak.
Dankie vir jou bydra!
Your participation is precious to us. By sharing your details, we can keep you informed about future projects and how your contribution makes a difference.
Thank you for your contribution!
Liewe Vriende,
Help ons asb. om hierdie droom te bereik. Maak asb. ‘n bydrae of vul ‘n JiA boksie en bring, of kom pak dit saam op Di, 22 Okt ‘24, by Heidekoppie om 18h00. Nooi oud en jonk, familie en vriende en weet dat die Here goed is! Op Sa, 26 Okt ‘24 gaan ons DV dit uitdeel met baie liefde en die Goeie Nuus by verskeie uitreikpunte.
Baie Dankie en Seëngroete
Saterdag, 12 Okt ‘24
# NPL – Dissipelskap Beweging Opleiding
(Lasarus Stoor, Brackenfell Stasie @ 09h00 – 12h00)
Week 1 | Week van Gebed
14-20 Okt ‘24
Week van 24/7 Gebed & Vas
Woensdag, 16 Okt ‘24
Lofprysing & Gebed
(Nuwe Lewe Familiekerk, Geministraat @ 18h00)
Donderdag, 17 Okt ‘24
Gebedsloop & Vas
(Vanaf Lasarus Stoor, Brackenfell Stasie @ 18h00)
Saterdag, 19 Okt ‘24
Gebed by die Poorte & Korporatiewe Gebed
(Bracken Natuurreservaat @ 07h30)
Week 2 | Week van Uitreik
Dinsdag, 22 Okt ‘24
Pak Kospakkies – Projek 1000
(Gemeente met Oop Deure, Protea & Stasieweg @ 18h00)
Saterdag, 26 Okt ‘24
Bewusmaking Optog (Lig ‘n banier) & Uitreike
(Lasarus Stoor, Brackenfell Stasie @ 07h30 vir 08h00)
Sondag, 27 Okt ‘24
Getuienisaand – Kruiskerk Aanbiddingspan
(Lasarus Stoor, Brackenfell Stasie @ 18h00)
Neem ‘n JiA Boksie en maak dit self vol @ +-R170; of
Maak bydraes wat ons sal toelaat om ‘n boksie vir onder R150 te kan vol maak weens groot maat aankope Dis ‘n belewenis om die JiA Boksie se pad te loop van die begin tot die einde.
1 kg Maize Meal
1 kg Sugar
1 ks Rice
100 g Soya Mince
65 g Tea
100 g Coffee
1 Roll Toilet Paper
2 Two Minute Noodles
1 Small Jam
1 Tin Baked Beans
Die Lasarus Stoor,
Brackenfell Stasie, Kruispad,
Protea Hoogte, 7560
Epos: info@jia.org.za
Webtuiste: www.jia.org.za
Facebook: https://web.facebook.com/jesusinaksie